|
|||||||
|
|
|
|||||
|
|
|||||||
![]() |
![]() |
Kry meer verkeer
| Dit is iets wat elke
eienaar van 'n webwerf wil hê. Besoekers en nogmaals besoekers. Hoe meer verkeer jou bladsy het, hoe suksesvol is dit. Bietjie ondertoe op die bladsy is daar 'n lys met wenke - kyk gerus daarna. Daar is nie regtig 'n wenresep nie, maar hier is 'n paar hulpmiddels: |
||
| Teller | Adres | Evaluering |
| ClickThru Network | http://www.clickthru.net/referral?ref=107286 | Uitstekend! |
| Clicks 4 U | http://www.clicks4u.com/ | Baie goed |
| WENKE VIR BETER VEKEER 1) Die inhoud moet interesant en uniek wees. Onthou die besoeker moet weer wil terug kom. 2) Meeste Internetgebruikers hou nie baie van lees nie - hou dus die inhoud kort. 3) Grafika en foto's moet pas by die inhoud. Toets ook eers hoe lank sekere prentjies aflaai. Aflaaispoed is ook baie belangrik. 4) Sorg dat jy META TAGS bo-aan die bladsy in kode byvoeg. Dit hoort bo tussen die <head> en </head>. 'n Voorbeeld van meta tags is: <meta name="Description" content="Bladsy se beskrywing kom hier"> <meta name="KeyWords" content="sleutelwoorde, tussen, kommas, kom, hier"> 5) Die meta tags word deur sekere soekenjins vir lysting gebruik. Onthou net om woorde nie in die sleutelwoord gedeelte te herhaal nie. Hou ook by die inhoud van die bladsy. 6) Baie belangrik is dat die blad by soveel soekenjins as moontlik geregistreer en gelys moet word. In baie gevalle neem dit van 'n paar dae tot 'n maand. Om te begin kan jy die volgende lys van soekenjins probeer. 7) Daar is webwerwe wat spog dat hulle jou by 25, 100 of selfs meer soekenjins op 'n slag kan registreer gratis of teen 'n fooi. Maar die heel beste is om dit self by elke soekenjin te doen. Deesdae vra baie soekenjins geld vir 'n beter lysting. Jy kan dit probeer - maar 'n mens hoef dit nie te doen nie. 8) Onthou veral om die plaaslike soekenjins (soos Die Knoop en Ananzi) te gebruik. 9) 'n Kort beskrywing van jou bladsy heelbo aan jou eerste bladsy is ook handig. (Kyk gerus na die Gratis Goeters voorblad.) 10) Onthou om die webblad se adres onder aan jou e-pos boodskappe (miskien as deel van jou "signature") te plaas. 11) Ruil skakels uit! As daar bladsye bestaan wat soortgelyk is aan joune - vra vir daardie webmeester of julle skakels kan uitruil. 12) Deur dienste soos gratis poskaarte of e-pos by die webwerf by te voeg kan besoekers ook weer gelok word. 13) 'n Statiese webwerf jaag besoekers weg. Hou die webwerf op datum! 14) Gebruik van die dienste hierbo genoem om besoekers direk by jou blad te kry. 15) Vertel vir mense van jou blad en gebruik die adres op briefhoofde. Nog 'n goeie idee is om die adres miskien in die koerant of in 'n tydskrif te adverteer. Daar is heelwat Internet- rubrieke wat baie keer nuwe adresse soek. |
© Gratis Goeters Blad (2001)
J. Olivier, e-pos: webmeester@gratis.web.za